werk
“Our work is the presentation of our capabilities,” het Goethe glo gese. Stel my werk my vaardighede / dit waarin ek goed is, ten toon ? [I don't think so; right now it's the exact opposite]
Of is dit nie al waaroor werk gaan nie?Is dit selfsugtig om te dink met kan /moet jou werk geniet? Is alle werke nie maar tot ‘n groot mate aaklig, bloot weens die sondeval nie? Wat dan van Predikesr 5 wat se dat God iemand seen deur hom/haar hulle kos, wyn en werk laat geniet? Ek geniet my kos en wyn…dalk te veel? Of eet en drink ek dalk te veel omdat ek tot ‘n groot mate ongelukkig is oor my werk?
Dis beslis so dat al my werke my baie skills aangeleer het. Ek sou beslis in sekere afdelings ‘n armer persoon (tov skills) gewees het. Maar wat het ek al in die proses verloor van ‘n werk doen wat nie lekker is nie? Ek het mi tot ‘n groot mate my lus om kreatiewe dinge te doen, verloor. En baie energie.
Nie dat ek al ooit ‘n oormaat van energie gehad het nie, en dalk is dit my subjektiewe persepsie dat ek al beter gevoel het oor my lewe, maar was dit nie tog anders toe ek nie as apteker gewerk het nie? Of het ek maar ewe min reggekry by die huis toe en nie gewerk het nie? Het ek toe dryfkrag gehad, of ‘n lus om nuwe dinge aan te pak?
Dalk is dit eenvoudig my temperament wat altyd krities en nooit heeltemal gelukkig of tevrede sal bly met die stand van sake nie, saam met ‘n lae, lae energievlak? Beteken dit dat ek dalk in geen beroep gelukkig sal wees nie, al verskil dit heeltemal van wat ek nou doen?
Of is daar ‘n middeweg? Waar jou werk nie jou alles is nie, maar tog vreugde en vervulling bring? Hoe sou ‘n mens weet watter soort werk dit vir jou kan doen? Ek glo tog dat daar iets is wat ek kan doen wat vir my baie vreugde kan verskaf, en vir ander mense iets kan beteken. En waardeur my en almal om my se lewe verryk word.
Ek hou van die kontak met mense by ‘n werk. Dalk die een ding wat teen ‘n tuisbly ma tel: vir my was dit moeilik om uit te reik, want ek’s ‘n introvert. By ‘n werk sien ‘n mens noodwendig elke dag ander mense. Ek het nog altyd lekker gewerk tov die kontak met my medekollegas of mense saam met wie ek gewerk het. Daardie deel van die werk was altyd lekker. Toe ek vertaal het, was die afsondering tov die werk juis die slegste aspek daarvan; die feit dat daar geen gesprek of terugvoer rondom sake was nie, was aaklig. Dit bekamp ook my kreatiwiteit. Dis ook vir my moeilik om saam met ‘n baie klein groepie mense te werk, soos 1 of 2. Ek verkies ‘n mediumgroepgrootte situasie. En ek hou baie daarvan om in spanverband te werk. Ek hou baie daarvan om te support. Ek hou nie regtig daarvan om die verantwoordelike persoon te wees nie. Dalk sal dit anders wees in ‘n veld wat my intens interesseer, maar tot dusver wil ek eerder aan my huis en kinders dink as ek daar is, as om die heeltyd te worry oor die werk, en of dinge daar regloop. Veral as ek die verantwoordelike persoon is oor iets waarvan ek skrikwekkend min weet…
Om weer terug te kom na Goethe se stelling…I don’t think so; right now it’s the exact opposite…
Ek wonder… (en hoop)
29/04/2009 at 18:39
flippit; met sulke talent behoort jy nie “private” te wees nie!!! Gaan public, niemand gaan tog weet wie jy is nie; en net dalk kry jy support op ‘n nuwe manier!
Oor werk en die sondeval: as ek nie self vashou dat die werksopdrag VOOR die sondeval gekom het nie, behou ek nie my “sanity” nie!
12/06/2009 at 15:33
Hi, welkom in blogwêreld! hoop jy geniet dit hier!
Persoonlik dink ek ook nogal dat werk bedoel was om die MAN se straf vir die sondeval te wees, die vrou se straf was dat sy kinders kry…
Geniet jou naweek!
17/07/2009 at 22:20
nee jenny, as jy gaan kyk na die volgorde in Gen, dan was die werksopdrag voor die soneval. die sondeval het net di eplesier daruit km haal. maar in Christus, kan ons die plesier weer soort vna terug sit. en uit ondervinding van werkloos wees vir ‘n paar jaar, bevestig die innerlike gevoel dit! dis deel van my menswees; nie deel van die sondeval nie.